musikale ontlening en die voortbestaan van melodiese spore uit die verlede

Clicks: 178
ID: 143108
2011
Article Quality & Performance Metrics
Overall Quality
Not rated
Combines reader engagement with the AI quality analysis. This article has not been analysed, so there is no overall score — reader engagement is measured and shown alongside.
AI Quality Assessment
Not analyzed
Readership in this journal
Steady

Ranked #7 of 8 articles by views in alimentary pharmacology and therapeutics

Most read Least read

Bar heights use a square-root scale.

Mint this article as an NFT
Not yet minted

Create a permanent, verifiable on-chain record of this article on the Scimatic Network. The NFT is held in your Journament account, and you can withdraw it to your own wallet at any time.

5 SUSD one-off · no wallet required
Abstract
Komponiste kan nie geïsoleer word van die musikale spore van die verlede nie – hierdie spore kan doelbewus deur komponiste betrek word of deur die filter van die onderbewussyn in ’n mindere of meerdere mate in latere werke bly voortbestaan. Dit is moeilik om 'n greep op die verskynsel van musikale ontlening te kry omdat sogenaamde ontlenings nie altyd met voldoende bewysvoering tot die oorsprong teruggevoer kan word nie. In 'n poging om hierdie probleem sistematies te ondersoek, word hier van die standpunt uitgegaan dat daar melodiese gestaltes is wat nie eksklusief aan 'n spesifieke komponis gekoppel kan word nie maar wat deel uitmaak van 'n gemeenskaplike musiekwoordeskat. Een manier waarop helderheid oor hierdie saak verkry kan word, is om 'n historiese benadering te volg deur die spore van melodiese gestaltes in die verlede terug te volg. Hierdie artikel konsentreer op tematiese spore aangesien melodie daardie aspek van ’n komposisie is wat direk tot die luisteraar spreek. Eerstens betrek ’n historiese perspektief die moontlike bestaan van melodiese spore in die onderbewussyn, melodiese spore as konvensionele figure en die probleem wat ontstaan wanneer ontleende materiaal aan ’n spesifieke komponis gekoppel word. Tweedens word gedemonstreer hoe die melodiese figuur wat begin met die stygende vyfdesprong teruggespoor kan word tot die eerste eeue n.C. ’n Soortgelyke strategie wat die sprong van ’n stygende derde as openingsfiguur betrek, kan hierdie melodiese figuur verder terugspoor, naamlik tot by ’n Griekse Delfiese himne van die tweede eeu v.C. Trefwoorde:musikale ontlening, melodiese spore, konvensionele melodiese figure,melodiese openingspatrone Dissiplines:Musiek,Musiekgeskiedenis, Musiekteorie, Etologie, Mnemoniek.
Reference Key
rensburg2011themusikale Use this key to autocite in the manuscript while using SciMatic Manuscript Manager or Thesis Manager
Authors ;Henriëtte van Rensburg;Bertha Spies
Journal alimentary pharmacology and therapeutics
Year 2011
DOI
10.4102/td.v7i1.251
URL
Keywords Keywords not found

Citations

No citations found. To add a citation, contact the admin at info@scimatic.org

No comments yet. Be the first to comment on this article.