om te skryf oor die onbeskryflike: verlies en mistieke verlange in die sneeuslaper van marlene van niekerk
Clicks: 182
ID: 180225
2012
Article Quality & Performance Metrics
Overall Quality
Improving Quality
0.0
/100
Combines engagement data with AI-assessed academic quality
Reader Engagement
Emerging Content
0.6
/100
2 views
2 readers
Trending
AI Quality Assessment
Not analyzed
Abstract
Die vier verhale in Die sneeuslaper van Marlene van Niekerk bevat elk ’n ‘narratiewe betoog’ oor die sin van kuns en lewe. Die artikel handel oor die rol wat mistiek in hierdie ‘betoog’ speel. Daar bestaan te veel verskillende verskyningsvorme van die mistiek om ’n omvattende definisie daarvan te gee, maar daar word wel op ’n aantal kenmerke van die mistiek gewys wat in seminale studies genoem word. Mistiek word onder andere gekenmerk deur eenwording met die Absolute – ’n ervaring wat nie in woorde weergegee kan word nie. Mistiek, soos trauma, word gekenmerk deur die verbrokkeling van ’n bekende wêreld. Beide verskynsels is oorweldigende ervarings wat nie in konvensionele taal weergegee kan word nie. In Die sneeuslaper word trauma, mistiek en kreatiwiteit met mekaar verbind. Die sentrale verhaalkarakters gaan deur ’n traumatiese proses waarin afskeid geneem word van die bekende alledaagse werklikheid en gesoek word na ’n mistieke werklikheid, suiwerder as die alledaagse. In die betreding van hierdie werklikheid word die kreatiewe persoon bevry van konvensionele denke en taal en soek sy of hy na die ‘so-syn van dinge’. Dit is ’n liminale reis wat in drie fases verloop: Dit begin met die vertrek uit die samelewing, wat lei tot transformasie en uiteindelik tot ’n terugkeer met die vrugte van die kreatiewe proses.Reference Key |
merwe2012literatorom
Use this key to autocite in the manuscript while using
SciMatic Manuscript Manager or Thesis Manager
|
---|---|
Authors | ;Chris van der Merwe |
Journal | Analytical chemistry |
Year | 2012 |
DOI | 10.4102/lit.v33i2.138 |
URL | |
Keywords |
Citations
No citations found. To add a citation, contact the admin at info@scimatic.org
Comments
No comments yet. Be the first to comment on this article.